Welkom by Euphorbia
Waar Afrikaanse Onderrig Christelike Waardes Jou Kind | 'n prioriteit is
Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool
Ons Visie en Missie
Ons het besluit om die toekoms van Onderwys, in die gemeenskap van Naboomspruit en omgewing, in ons eie hande te neem deur middel van Christelike opvoeding, soos God van ons in die Bybel verwag.
Euphorbia se strewe is om deur middel van ‘n Afrikaans-enkelmedium skool, in die taal en tradisies van die Christen Afrikaner, gedissiplineerde onderrig en opvoeding van uitstaande gehalte beskikbaar te stel.
Hierdeur word betrokkenes van die skool geleentheid gebied tot optimale verwerkliking van vermoëns en talente en wil die skool hul optimaal voorberei en behulpsaam wees met ontwikkeling van vaardighede, in ‘n veilige omgewing wat sekuriteit en geborgenheid bied en waar betrokkenes se fisiese en psigiese ontwikkeling kan plaasvind.
Die liefde vir die “eie” word gekweek sowel as die respek vir ander. Euphorbia het ten doel om betrokkenes tot hul volle potensiaal te help ontwikkel, om sodoende aktief en produktief te kan deelneem aan die uitdagings soos gestel deur die gemeenskap van Suid Afrika.
Akademie
Akademie
Hoë akademiesie standaarde word gehandhaaf. Beperking op klasgetalle verseker individuele aandag.
Sport
Sport
Geregistreer by: ASA-Atletiek
Limpopo-Netbalunie,
Blou Bulle Rugby-unie, Laerskole Hokkie en Krieket.
Kultuur
Kultuur
Afrikaanse ATKV en engelse redenaars, koor, spreekkoor, revue, kunste & kultuurfeeste.









